Genesis 11:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het gesê: Kyk, die volk is een, en hulle het almal een taal; en dit begin hulle doen, en nou sal niks van hulle weerhou word wat hulle gedink het om te doen nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nou kyk,” sê Hy, “as hulle, omdat hulle een taal praat, reeds aan die begin sulke dinge kan regkry, dink net wat sal hulle later kan doen. Niks sal meer vir hulle onmoontlik wees nie!
Afrikaans 1933/1953 En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
Afrikaans 1983 en toe sê Hy: “Hier is hulle een volk en almal het een taal. Hulle het nog maar net begin om iets te doen. Hierna sal niks wat hulle beplan vir hulle onmoontlik wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sê toe: “Kyk, dit is een volk, en hulle almal het een taal, en dit is maar die begin van wat hulle gaan doen. Nou sal niks van wat hulle beplan om te doen, vir hulle onmoontlik wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê toe: “Kyk, hierdie mense is nou een volk en hulle praat almal dieselfde taal. En hulle het nou net begin. Hierna sal hulle alles regkry wat hulle wil doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En die Here het gesê: “Wat doen die mense tog? Hulle dink as hulle een volk met een taal is, sal alles vir hulle moontlik wees en sal hulle alles kan doen.