Genesis 11:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sê: Gaan, laat ons vir ons 'n stad en 'n toring bou waarvan die top tot aan die hemel kan reik; en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooi word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kom,” sê hulle, “laat ons vir onsself roem verwerf en ’n stad bou met ’n toring wat aan die hemel raak. Dit sal ons bymekaarhou en keer dat ons oor die hele aarde verstrooi word.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons 'n stad bou en 'n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.
Afrikaans 1983 Toe sê hulle: “Kom ons bou vir ons 'n stad met 'n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons 'n naam. Dan sal ons nie oor die hele aarde versprei nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sê toe: “Kom ons bou vir ons 'n stad en 'n toring met sy bopunt in die hemel, sodat ons vir onsself naam maak; anders versprei ons oor die hele aarde.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sê toe: “Kom ons bou vir ons 'n stad en 'n baie hoë toring. Die punt van die toring moet aan die hemel raak. Dan sal al die mense weet van ons. Kom ons doen dit, dan sal ons nie oral op die aarde moet gaan woon nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê hulle vir mekaar: “Kom ons bou vir onsself ’n stad met so ’n hoë toring dat die puntjie aan die hemel raak. Ons sal dan beroemd word en ook sterk wees. Doen ons dit nie, is dit klaarpraat met ons. Ons sal magteloos oor die hele wêreld rondswerf.” Hulle het toe begin bou.