Genesis 11:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dae van Tera was twee honderd en vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tera het 205 jaar gelewe en is dood terwyl hulle nog by Haran was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die dae van Tera was twee honderd en vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe. |
| Afrikaans 1983 | Tera was twee honderd en vyf jaar oud toe hy in Haran gesterf het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tera het 205 jaar oud geword. Tera het in Haran gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Tera het gesterf in Haran. Hy was toe 205 jaar oud. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tera was 205 jaar oud toe hy die dag in Haran gesterf het. |