Genesis 11:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy seun se seun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram; en hulle het saam met hulle uitgetrek uit Ur van die Chaldeërs om na die land Kanaän te gaan; en hulle het in Haran gekom en daar gaan woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Tera het sy seun Abram, sy skoondogter Sarai en sy kleinseun Lot (Haran se seun) geneem en uit Ur van die Galdeërs vertrek om na die land Kanaän toe te gaan. Maar hulle het in die dorp Haran oorgebly en hulle daar gevestig.
Afrikaans 1933/1953 En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en die het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon.
Afrikaans 1983 Tera het sy seun Abram geneem en ook sy kleinseun Lot seun van Haran, en sy skoondogter Sarai die vrou van sy seun Abram, en saam met hulle uit Ur van die Galdeërs weggetrek om na Kanaän toe te gaan. Maar hulle het net tot by Haran getrek en in dié stad gaan woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Tera het sy seun Abram en sy kleinseun Lot, Haran se seun, asook sy skoondogter Sarai, die vrou van sy seun Abram, geneem, en hulle het saam met hom uit Ur van die Galdeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. Maar toe hulle by Haran kom, het hulle daar gebly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Tera het uit Ur in Galdeër-land weggegaan na die land Kanaän. Hy het sy seun Abram, sy kleinseun Lot en sy skoondogter Sarai saamgeneem met hom. Lot was Haran se seun, en Sarai was Abram se vrou. Hulle het tot by Haran getrek en daar gaan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op ’n dag het Tera besluit om te trek. Hy het sy oudste seun, Abram, sy skoondogter, Sarai, sy kleinkind, Lot, en die res van die familie gevat en getrek. Hulle is sak en pak uit Ur van die Galdeërs weg en het in die rigting van Kanaän getrek. Op pad het hulle in Haran gekom en besluit om daar te bly.