Genesis 11:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sê vir mekaar: Gaan, laat ons bakstene maak en dit heeltemal verbrand. En hulle het baksteen vir klip gehad, en slyk het hulle vir klei gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na ’n tyd het hulle vir mekaar gesê: “Kom ons maak stene wat goed gebak is.” Hulle gebruik toe stene in plaas van klippe en asfalt in plaas van klei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die lymgrond vir klei. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het op 'n keer vir mekaar gesê: “Kom ons maak stene en ons brand hulle hard.” Hulle het toe stene in plaas van klip gebruik en asfalt in plaas van klei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het vir mekaar gesê: “Kom ons maak kleistene en bak dit hard.” Die kleistene word toe hulle boustene, en asfalt word hulle messelklei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir mekaar gesê: “Kom ons maak bakstene.” Hulle het toe die stene gebruik om huise te bou. Hulle het stene gebruik, nie klippe nie, en hulle het teer gebruik, nie klei nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag sê hulle toe vir mekaar: “Kom ons maak stene en bak dit kliphard.” In plaas van groot steenklippe het hulle toe kleistene gemaak en in plaas van sement het hulle asfalt gebruik. |