Genesis 11:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem; die naam van Abram se vrou was Sarai; en die naam van Nahor se vrou, Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Iska.
Afrikaans (NLV) 2011 Intussen het Abram met Sarai getrou en sy broer Nahor met Milka, die dogter van hulle broer Haran. (Milka het ook nog ’n suster met die naam Jiska gehad.)
Afrikaans 1933/1953 En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka, die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.
Afrikaans 1983 Abram het getrou en Nahor ook: Abram se vrou se naam was Sarai en dié van Nahor se vrou was Milka, 'n dogter van Haran wat nie net die vader van Milka was nie, maar ook van Jiska.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem. Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka. Sy was 'n dogter van Haran; hy was die vader van Milka en Jiska.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Abram en Nahor het altwee getrou. Abram se vrou was Sarai, en Nahor se vrou was Milka. Milka was Haran se dogter. Haran se ander dogter was Jiska.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Abram is getroud en later is Nahor ook getroud: Abram met Sarai en Nahor met Milka. Milka was ’n dogter van Haran, wat ook nog ’n ander dogter gehad het met die naam Jiska.