Genesis 10:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierdeur is die eilande van die heidene verdeel in hulle lande; elkeen volgens sy tong, volgens hulle geslagte, volgens hulle nasies.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle nageslag het seevaarders in verskillende lande geword. Elke stam het sy eie taal gehad.
Afrikaans 1933/1953 uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.
Afrikaans 1983 Uit hulle het die mense wat nou die kusstreke bewoon, daarnatoe versprei, volgens hulle stamme en nasies, elkeen met sy eie taal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) deur hulle is die eilande van die nasies bevolk, almal in hulle eie lande, elkeen met sy eie taal, volgens hulle grootfamilies, volgens hulle nasies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party van hierdie mense het oral in ander lande en naby die see gaan woon. Daar was verskillende families en volke. Elke volk het in sy eie land gewoon en het sy eie taal gepraat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Uit hierdie nageslag van Jafet het al die seevolke ontstaan; elke volk met sy eie taal en kultuur asook sy eie mense.