Genesis 10:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die seuns van Sem, volgens hulle geslagte, volgens hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was die nakomelinge van Sem, aangedui volgens hulle stamme, tale, onderskeie gebiede en nasies. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies. |
| Afrikaans 1983 | Hulle is almal die nageslag van Sem, met hulle eie stamme en tale, in hulle eie lande en onder hulle eie nasies. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was dan die nageslag van Sem volgens hulle grootfamilies, met hulle eie tale, in hulle eie lande, volgens hulle nasies. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sem was die voorvader van al hierdie mense. Elke familie het sy eie taal gepraat en het in sy eie land gewoon. Hulle het verskillende volke geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie is dan Sem se nageslag, ingedeel volgens hulle stamme en volksgroepe, hulle tale en kulture asook hulle landstreke. |