Genesis 10:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vir Heber is twee seuns gebore: die naam van een was Peleg; want in sy dae is die aarde verdeel; en die naam van sy broer was Joktan.
Afrikaans (NLV) 2011 Heber het twee seuns gehad. Die eerste was Peleg (“verdeling”), want in daardie tyd is die mense verdeel en het hulle oor die aarde versprei. Sy broer se naam was Joktan.
Afrikaans 1933/1953 En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.
Afrikaans 1983 Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg, want in sy tyd is die land verdeel, en die naam van sy broer was Joktan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir Heber is twee seuns gebore: die een se naam was Peleg, want in sy tyd het die aarde verdeeld geraak, en sy broer se naam was Joktan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Heber het twee seuns gehad. Die een seun se naam was Peleg. In die tyd toe Peleg gelewe het, het hulle die land verdeel. Peleg se broer was Joktan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg, want in sy tyd het die mense oor die hele aarde verdeel geraak. Sy broer se naam was Joktan.