Genesis 10:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die grens van die Kanaäniete was van Sidon af, terwyl jy by Gerar kom, tot by Gasa; soos jy gaan, na Sodom en Gomorra en Adma en Seboim, tot by Lasa. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mettertyd het stamme van die Kanaäniete versprei en het die grense vanaf Sidon tot by Gasa gestrek op pad na Gerar toe en in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim, by Lesa. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Seboim tot by Lesa. |
| Afrikaans 1983 | en het hulle grense gestrek van Sidon af tot by Gasa in die rigting van Gerar en tot by Lesa in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat die grondgebied van die Kanaäniete gestrek het van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, en in die rigting van Sodom en Gomorra, Adma en Sebojim tot by Lesa. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die grense van hulle grond was van die land Sidon tot by die stad Gasa naby die stad Gerar, en tot by die stad Lesa naby die stede Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | totdat die Kanaänitiese grense gestrek het van Sidon af tot by Gasa in die rigting van Gerar en tot by Lesa in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim. |