Genesis 10:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die geslagte van die seuns van Noag, Sem, Gam en Jafet, en vir hulle is seuns gebore ná die vloed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende is ’n lys van die nakomelinge van Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet, ná die vloed. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet -- vir hulle is daar seuns gebore ndie vloed. |
| Afrikaans 1983 | Hier volg besonderhede oor Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet. Na die oorstroming is daar ook vir hulle kinders gebore. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hier volg die familiegeskiedenis van Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet. Daar is vir hulle seuns gebore ná die vloed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier is 'n lys van die nageslag van Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet. Ná die watervloed het hulle kinders gehad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier is die nageslag van Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet; almal wat ná die watervloed gebore is. |