Galatians 6:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.
Afrikaans 1933/1953 En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.
Afrikaans 1983 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die regte tyd oes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, ons moenie ophou om goeie dinge te doen nie, want as ons aanhou om goeie dinge te doen, dan sal ons op die regte tyd die ewige lewe kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom ons hou aan om goed te doen. Dit is presies wat die Here wil hê. Dan sal ons op die regte tyd ons oes van Hom ontvang.