Galatians 6:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle wat op die land van hulle sondige geaardheid saai, sal op grond daarvan die dood oes, terwyl hulle wat op die land van die Gees saai, op grond daarvan die ewige lewe sal oes.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
Afrikaans 1983 Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat in die vlees saai, sal uit die vlees vernietiging oes, maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe oes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die dinge wat julle saai, die verkeerde dinge is wat mense graag doen, dan sal julle ook die verkeerde dinge terugkry, julle sal sterf. Maar as die dinge wat julle saai, die dinge is wat die Gees wil hê, dan sal julle die ewige lewe kry wat die Gees vir julle gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy jou lewe gaan inplant op die terrein van die sonde, sal jy die dood as oes ontvang. Aan die ander kant, as jy jou lewe inplant op die terrein van die Heilige Gees, sal jy die ewige lewe as oes van Hom ontvang.