Galatians 6:17 — Compare Translations
6 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat niemand my van nou af pla nie, want ek dra die tekens van die Here Jesus in my liggaam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verder moet niemand vir my nóg moeite aandoen nie. Ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder moet niemand my moeite aandoen nie, want ek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam. |
| Afrikaans 1983 | Niemand moet dit vir my verder moeilik maak nie, want ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand moet my nou weer oor hierdie dinge pla nie, want ek het al baie swaar gekry vir Jesus. 'n Mens kan die merke daarvan op my liggaam sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het nou heeltemal genoeg oor die wet en die besnydenis gesê. Moet my asseblief nie verder oor al hierdie dinge uitvra nie. Ek het heeltemal genoeg ander probleme omdat ek die evangelie verkondig. Kyk dan net hoeveel littekens van Jesus ek oral aan my eie lyf dra. Ek is omtrent al geslaan en mishandel. |