Galatians 6:14 — Compare Translations

6 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar God verhoed dat ek sou roem, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar ek — ek wil my op niks anders beroem as die kruis van ons Here Jesus Christus nie. Want daardeur is die wêreld vir my gekruisig, en ek vir die wêreld.
Afrikaans 1933/1953 Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.
Afrikaans 1983 Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wil nie soos hulle wees nie. Ek wil net oor een ding spog, en dit is oor die kruis van ons Here Jesus Christus. Hy het vir my gesterf, en daarom is die dinge waaroor die mense spog, nie belangrik vir my nie, en ek is nie belangrik vir daardie mense wat oor hierdie dinge spog nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek self sal dit nooit waag om oor iets anders as oor die kruis van ons Here Jesus Christus te spog nie. Ek is saam met Hom gekruisig. Daarom het die wêreld en al sy sondige begeertes geen houvas meer op my lewe nie. Ek is dood vir die mag van die sonde.