Galatians 6:13 — Compare Translations
6 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ook hulle wat besny is, onderhou die wet nie; maar begeer dat julle julle laat besny, sodat hulle in julle vlees kan roem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle wat besny word, leef self nie werklik volgens die wet nie. Hulle wil julle egter laat besny om met dit wat aan julle liggaam gedoen is, te spog. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem. |
| Afrikaans 1983 | Al het hulle hulle laat besny, onderhou hulle self nie die wet van Moses nie, maar hulle wil net hê dat julle julle moet laat besny sodat hulle kan roem oor wat met julle liggaam gebeur het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle is besny, maar hulle doen self nie wat die wette sê nie. Hulle wil julle laat besny, sodat hulle kan spog oor wat hulle met julle gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan kyk mooi, daardie mense wat sulke groot voorstanders van die besnydenis is, verroer self nie ’n vinger om te doen wat die wet sê nie. Hulle wil net hê dat julle ook besny moet word sodat hulle oor julle kan spog. Hulle wil graag sê dat hulle daarin geslaag het om julle na hulle kant toe oor te haal. |