Galatians 6:12 — Compare Translations
6 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Almal wat 'n mooi vertoon in die vlees wil maak, ulled wing julle om besny te word; net dat hulle nie vervolg word vir die kruis van Christus nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al daardie mense wat julle wil dwing om besny te word, vir hulle gaan dit net om uiterlik die regte indruk te maak sodat hulle nie oor die kruis van Christus vervolg word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Almal wat 'n mooi vertoning in die vlees wil maak, die dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie. |
| Afrikaans 1983 | Daardie mense wat so daarop aandring dat julle julle ook moet laat besny, wil maar net uiterlik 'n goeie indruk maak, sodat hulle nie vervolg sou word ter wille van die kruis van Christus nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie mense wat aanhou sê julle moet julle laat besny, doen dit omdat hulle net belangstel in mense se liggame. Hulle doen dit, want hulle is bang dat hulle sal swaarkry as hulle moet sê dat mense net moet glo in Christus wat gekruisig is, nie ook in die besnydenis nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daardie mense in die gemeente wat vir julle sê om besny te word, doen dit net om ander te beïndruk. Op dié manier soek hulle ’n maklike uitweg sodat hulle nie vervolg word nie. Hulle is nie bereid om die lyding te verduur wat hand aan hand gaan met die regte verkondiging van die kruis van Christus nie. |