Galatians 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want in Jesus Christus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid iets baat; maar geloof wat deur liefde werk.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir mense wat met Christus verenig is, is dit nie belangrik of jy besny is of nie besny is nie. Wat egter wel belangrik is, is geloof wat deur liefde dade word.
Afrikaans 1933/1953 Want in Christus Jesus het n•g die besnydenis n•g die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.
Afrikaans 1983 In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want in Christus Jesus is besnedenheid of onbesnedenheid van geen belang nie, maar wel geloof wat deur liefde werksaam is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As ons aan Christus Jesus behoort, dan maak dit nie saak of ons besny is of nie besny is nie. Wat is belangrik? Dit is belangrik dat ons moet glo en dat ons lief moet wees vir God en vir ander mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ons in Christus glo, maak dit glad nie saak of ons die teken van die besnydenis aan ons liggaam dra of nie, want dit tel glad nie meer by God nie. Dit is uit die mode; ou nuus. Al wat nou saak maak, is geloof, daardie soort geloof wat maak dat ons ander mense met alles in ons liefhet.