Galatians 5:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Christus het vir julle tot niet geword, elkeen van julle wat deur die wet geregverdig is; julle het uit die genade verval.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle wat deur God vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, het julle van Christus losgemaak. Julle het God se genade verbeur.
Afrikaans 1933/1953 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
Afrikaans 1983 Julle wat van julle sonde vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, julle het julle band met Christus verbreek, julle het die genade van God verbeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle wat op grond van die wet geregverdig wil word, julle is van Christus afgesny – julle het die genade verbeur!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle wat dink God sal julle vryspreek omdat julle doen wat die wette sê, julle is nie meer by Christus nie. Julle het God se genade verloor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle wat besluit het om al hierdie godsdienstige reëls en wette te hou om in die regte verhouding met God te wees, sny julle heeltemal van Christus af. Julle het buite die kragveld van sy genade beland.