Galatians 5:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit sê Ek dan: Wandel in die Gees, en julle sal nie die begeerlikheid van die vlees volbring nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sê: Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; |
| Afrikaans 1983 | Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van die vlees uitvoer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê vir julle: Die Heilige Gees moet julle lewens regeer. Dan sal julle nie die slegte dinge doen wat mense graag doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet julle lewe deur die Heilige Gees laat beheer. Laat Hy aan die stuur staan van alles wat julle dink en doen en sê. Dan sal die sonde julle nooit onderkry nie. |