Galatians 5:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek wil selfs dat hulle afgesny word wat jou pla.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek wens werklik dat dié wat julle opstandig maak oor die besnydenis, sommer hulleself kastreer!
Afrikaans 1933/1953 Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!
Afrikaans 1983 Ek wens die mense wat dié verwarring onder julle stig, wou hulleself dan maar heeltemal ontman!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek wens diegene wat julle so opstandig maak, wil hulleself heeltemal ontman!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wens al die mense daar by julle wat julle koppe deurmekaar maak en wat sê julle moet besny word, sny hulle eie geslagsorgane heeltemal af.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wens daardie spul se mes gly ’n slag sodat hulle hulleself ontman. Dan het hulle iets anders om hulle oor te bekommer.