Galatians 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek dan nog vervolg? dan is die oortreding van die kruis opgehou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat my betref, broers en susters, as dit waar is dat ek steeds verkondig dat besnydenis noodsaaklik is, waarom word ek dan vervolg? Dan is daar mos nie meer ’n kruisboodskap wat kan aanstoot gee nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig! |
| Afrikaans 1983 | Wat my betref, broers, as ek nog verkondig dat 'n mens besny moet word, waarom word ek dan nog vervolg? Dan is die kruis as struikelblok mos uit die weg geruim. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ek, broers, as ek steeds die besnydenis verkondig, waarom word ek dan nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis immers uit die weg geruim. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vriende, daar is mense wat sê ek preek en sê gelowiges moet hulle laat besny, maar dit is nie waar nie. Ek het vir gelowiges gesê hulle moet hulle nie laat besny nie, dit is hoekom party mense my laat swaarkry. Want as ek vir gelowiges gesê het hulle moet hulle laat besny, dan was my boodskap oor die kruis van Christus nie vir party mense 'n probleem nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My liewe broers en susters, daar by julle word ’n storie versprei dat ek sou gesê het dat gelowiges nog steeds besny moet word. Dit is ’n leuen. Ek sou mos nooit soveel teëstand ervaar het as ek dit gesê het nie. My prediking oor die kruis sou dan nie so ’n groot probleem vir my opponente gewees het nie. Dit lyk vir my diegene wat sê Christene moet besny word, het julle kop behoorlik deurmekaargemaak. |