Galatians 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom is jy nie meer 'n dienskneg nie, maar 'n seun; en as 'n seun, dan 'n erfgenaam van God deur Christus.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy is dus nie meer slaaf nie, maar kind. En as sy kind het God jou sy erfgenaam gemaak!
Afrikaans 1933/1953 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
Afrikaans 1983 Jy is dus nie meer 'n slaaf nie; jy is nou 'n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy is dus nie meer slaaf nie, maar seun; en as jy seun is, is jy ook erfgenaam deur God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom is ons nie meer slawe van die wette nie, ons is nou kinders van God. En omdat ons kinders van God is, sal God ook vir ons gee wat Hy vir ons belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle is nie meer slawe van die sonde en die wet nie. Nee, julle is nou volwaardige kinders van God. En omdat julle sy kinders is, is julle ook sy erfgename. Al sy goedheid is nou julle s’n.