Galatians 4:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En omdat julle seuns is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur en roep: Abba, Vader! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun gestuur om in ons te lewe. Die Gees in ons roep voortdurend na God: “Abba!” — wat die Aramese woord is vir “Vader”. |
| Afrikaans 1933/1953 | En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! |
| Afrikaans 1983 | En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun uitgestuur tot in ons harte, die Gees wat roep: “ Abba, Vader!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Omdat ons God se kinders is, het God sy Seun se Gees, die Heilige Gees, in ons harte gestuur, en die Gees sê in ons harte dat God ons Vader is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat julle nou God se kinders is, het Hy die Gees van Christus na ons toe gestuur. Die Heilige Gees bind ons styf aan God vas met ’n onbreekbare band van liefde. Dit is Hy wat aanhoudend hier binne-in ons uitroep: “Vader, liefdevolle Vader!” |