Galatians 4:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wat sê die Skrif? Verdryf die slavin en haar seun, want die seun van die slavin mag nie saam met die seun van die vryvrou erfgenaam word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar wat sê die Skrif? “Jaag die slavin en haar seun weg, want die seun van die vrou wat vry is, mag nie saam met die seun van die slavin erf nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar wat sê die Skrif hiervan? “Jaag die slavin en haar seun weg, want die seun van die slavin mag hoegenaamd nie saam met die seun van die vrygeborene erf nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar wat sê die Skrif? “Jaag die slavin en haar seun weg, want die seun van die slavin mag hoegenaamd nie saam met die seun van die vrou wat vry is, erf nie!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet julle doen wat in die Ou Testament geskryf is: Julle moet die slavin en haar seun wegjaag, want haar seun mag nie erf saam met die ander seun nie. Die seun van die vrou wat nie 'n slavin is nie, moet alleen erf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sê die Bybel: “Jaag daardie slavin en haar seun weg. Daardie seun van die slavin mag onder geen omstandighede saam met die regte seun erf nie.” |