Galatians 4:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar soos toe hy wat na die vlees gebore is, hom vervolg het wat na die Gees gebore is, so is dit nou.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar, soos destyds, toe die seun wat sy geboorte aan die mens se planne te danke het, die seun wat sy geboorte aan die Gees te danke het, vervolg het, so is dit ook vandag die geval.
Afrikaans 1933/1953 maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook.
Afrikaans 1983 Destyds het die seun wat volgens die loop van die natuur gebore is, die seun vervolg wat deur die Gees in die wêreld gekom het. En dit is nou nog so.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar, soos hy wat op 'n natuurlike manier verwek is, destyds die een vervolg het wat deur die werking van die Gees verwek is, so gebeur dit ook nou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie tyd het die een seun, die seun wat gebore is soos al die ander kinders, die ander seun laat swaarkry. Die ander seun is gebore nadat die Gees van God dit belowe het. Dieselfde gebeur nou daar by julle in Galasië.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onthou julle nog hoe Isak, wat deur die Gees se werk gebore is, deur Ismael agtervolg is? Tot vandag toe gaan dit nog so.