Galatians 4:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want daar is geskrywe: Wees bly, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die eensame het baie meer kinders as sy wat 'n man het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar staan geskryf: “Wees baie bly, onvrugbare vrou, jy wat nie kinders kon hê nie! Jubel en juig, jy wat nooit ma kon word nie. Want die vrou wat deur haar man verlaat is, het meer kinders as die vrou wie se man by haar is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat 'n man het. |
| Afrikaans 1983 | Daar staan immers geskrywe: “Verbly jou, onvrugbare wat nie kinders kon hê nie. Juig van vreugde, jy wat nooit moeder kon word nie, want die kinderlose vrou wat deur haar man verlaat is, sal meer kinders hê as die vrugbare wie se man by haar is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want daar staan geskryf: “Wees bly, onvrugbare vrou wat nie geboorte skenk nie! Jubel en juig, jy wat nie geboortepyne ken nie! Want die baie kinders van die verlate vrou is meer as dié van die vrou met 'n man.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die Ou Testament is geskryf: Jy is soos 'n vrou wat nie kinders kon kry nie, maar jy moet juig en baie bly wees, want jy wat alleen was, sal meer kinders hê as 'n getroude vrou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesaja skryf die volgende oor haar: “Vrou, jy wat nie in staat was om kinders te hê nie, kan nou feesvier. Skree sommer van vreugde, jy wat nog nooit geboortepyne gehad het nie. Jy was baie eensaam. Jy het nie die vreugde van kinders geken nie. Maar nou sal jy meer kinders hê as al die ander vroue wat getroud is.” |