Galatians 4:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hierdie Agar is die berg Sinai in Arabië en antwoord op Jerusalem wat nou is, en is in slawerny met haar kinders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hagar, wat vir die Sinaiberg in Arabië staan, is ook ’n beeld vir die huidige Jerusalem. Jerusalem en haar inwoners leef in slawerny. |
| Afrikaans 1933/1953 | want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. |
| Afrikaans 1983 | Hagar staan vir Sinaiberg in Arabië, en dit is 'n beeld van die huidige Jerusalem, want Jerusalem en sy kinders is slawe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië; sy verteenwoordig die huidige Jerusalem, omdat sy en haar kinders slawe is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, Hagar is soos Sinai-berg in Arabië, en soos Jerusalem wat hier op die aarde is, want hierdie Jerusalem en al sy mense is slawe van wette. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die een ooreenkoms is daar by die berg Sinai in Arabië gesluit. Daar het die volk die wet ontvang. Ongelukkig het daardie ooreenkoms net ’n klomp slawe opgelewer, presies soos dit ook met Hagar, Abraham se slavin, gebeur het. Wel, dieselfde geld vir almal wat die wet probeer hou. |