Galatians 4:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Watter dinge is 'n gelykenis, want dit is die twee verbonde; die een van die berg Sinai af, wat tot slawerny voortspruit, dit is Agar.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie dinge moet figuurlik verstaan word. Die twee vroue staan vir twee verbonde. Hagar staan vir die verbond wat by die Sinaiberg gesluit is. Dié verbond bring slawerny voort.
Afrikaans 1933/1953 Dit is sinnebeelde, want die vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar -- dit is Hagar;
Afrikaans 1983 'n Mens moet dit figuurlik verstaan. Die twee vroue staan vir twee verbonde. Die een is by Sinaiberg gesluit en bring slawe voort. Dié verbond is Hagar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Om dit allegories te stel: Hierdie twee vroue verteenwoordig twee verbonde: die een wat van die berg Sinai af kom, bring slawe voort; dit is Hagar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die verhaal van hierdie twee vroue beteken meer. Hulle is soos twee verbonde. Die een vrou Hagar is soos die verbond wat die Here op Sinai-berg gemaak het. Hierdie verbond maak dat mense slawe van wette word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie twee geboortes is ’n goeie voorbeeld van dit waaroor ons praat. Hulle staan eintlik vir twee verskillende ooreenkomste.