Galatians 4:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy wat uit die slavin was, is na die vlees gebore; maar hy van die vrye was by belofte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die seun van die slavin het sy geboorte te danke aan die mens se eie planne, en die seun van die vrou wat vry was, aan God se belofte. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. |
| Afrikaans 1983 | Sy seun by die slavin is volgens die loop van die natuur verwek en gebore, maar sy seun by die vrygeborene kragtens 'n belofte van God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die slavin se seun is op 'n natuurlike manier verwek, maar die vrou wat vry is se seun op grond van 'n belofte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die slavin Hagar se seun is gebore soos al die ander kinders. Maar die seun van Sara, die vrou wat nie 'n slavin was nie, is gebore omdat God dit belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die een het hy by ’n slavin, Hagar, gehad. Sy naam was Ismael. En die ander seun by sy eie vrou, Sara. Sy naam was Isak. Die kind wat hy by die slavin gehad het, is gebore toe Abraham probeer het om sélf God se beloftes waar te laat word. Maar die ander kind is gebore presies net soos God hom belowe het dit sou gebeur. |