Galatians 4:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek wil nou by jou teenwoordig wees en my stem verander; want ek twyfel aan jou.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek wens dat ek op hierdie oomblik by julle kan wees en op ’n ander trant met julle kan praat, want ek is regtig bekommerd oor julle.
Afrikaans 1933/1953 En ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle.
Afrikaans 1983 Ek wens ek kon nou by julle wees en op 'n ander toon met julle praat. Ek is werklik besorg oor julle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek wens ek was nou by julle, en kon met 'n ander stemtoon met julle praat, want ek is raadop met julle!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wens ek was nou daar by julle. Dan kon ek op 'n ander manier met julle probeer praat, want ek weet nie wat om nou vir julle te sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wens dat ek nou daar by julle kon wees. Dan sou dit nie vir my nodig gewees het om so met julle te raas nie. Ongelukkig het ek nie ’n ander keuse nie. Ek moet my hart hier op papier uitpraat, want ek is raadop met julle.