Galatians 4:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar is onder tugmeesters en goewerneurs tot op die tyd wat die vader bepaal het.
Afrikaans (NLV) 2011 Tot op die dag wat die pa bepaal het, staan die erfgenaam onder toesig en bestuur.
Afrikaans 1933/1953 maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal.
Afrikaans 1983 Tot die dag wat sy pa bepaal het, staan hy onder toesig van voogde en word sy besittings deur bestuurders beheer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hy staan onder die beheer van voogde en bestuurders, tot die tyd aanbreek wat deur sy vader bepaal is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet doen wat die mense vir hom sê, die mense wat sy goed moet oppas. Maar wanneer hy so oud is soos sy pa gesê het hy moet wees om te erf, dan mag hy self besluit wat om te doen met sy goed.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle erfporsie word beheer deur mense wat amptelik oor hulle aangestel is tot op die dag dat die testament sê hulle kan erf.