Galatians 4:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar dit is goed om altyd ywerig te wees in 'n goeie ding, en nie net as ek by jou teenwoordig is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is goed om jou vir ’n goeie saak te beywer. Maar doen dit dan altyd, en nie net as ek daar by julle is nie.
Afrikaans 1933/1953 Dit is goed as daar altyd geywer word in 'n goeie saak en nie alleen wanneer ek by julle teenwoordig is nie,
Afrikaans 1983 Om jou vir 'n goeie saak te beywer, is goed, maar dan moet dit altyd die geval wees en nie net as ek by julle is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dis goed om julle altyd vir die goeie te beywer, en nie net wanneer ek by julle is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet onthou: Julle moet elke dag goeie dinge doen, wanneer ek by julle is, en ook wanneer ek nie by julle is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is goed dat julle ywerig is om te doen wat reg is. Julle moet dit egter nie net doen wanneer ek daar by julle is nie. Nee, julle moet elke dag goeddoen, ook nou wanneer ek ver van julle af is.