Galatians 4:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waar is dan die saligheid waarvan julle gepraat het? want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, julle eie oë sou uitpluk en aan My gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het julleself destyds as bevoorreg beskou. Wat het dan nou gebeur? Ek kan regtig daarvan getuig dat julle, as dit moontlik was, selfs julle oë sou uitgeruk het om hulle vir my te gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat was dan julle saligprysing? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, jul oë uitgegrawe en vir my sou gegee het. |
| Afrikaans 1983 | Julle was so bly daaroor. Wat het nou van julle blydskap geword? Dít kan ek van julle getuig: As dit moontlik was, sou julle julle oë uitgeruk en vir my gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waar is julle blydskap oor my dan nou? Ek kan van julle getuig dat, indien dit moontlik was, julle julle oë sou uitruk en vir my sou gee! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het baie gelukkig gevoel. As julle kon, dan sou julle toe julle oë uitgehaal het om dit vir my te gee. Maar nou is julle heeltemal anders! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onthou julle nog hoe siek ek was toe ek daardie eerste maal by julle kom preek het? Tog het julle my baie goed versorg. Dit was glad nie vir julle ’n probleem of ’n verleentheid om dit te doen nie. Trouens, julle het my op dieselfde manier ontvang as wat julle ’n engel van God, ja, vir Jesus Christus self sou ontvang. Wat het dan van julle blydskap en gasvryheid geword? Party van julle sou in daardie tyd selfs julle oë uitgehaal en vir my gegee het. |