Galatians 4:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En my versoeking wat in my vlees was, het julle nie verag of verwerp nie; maar het my aangeneem as 'n engel van God, as Christus Jesus.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoewel my siekte vir julle ’n beproewing was, het julle nie vir my gegril of my vermy nie. Inteendeel, julle het my ontvang asof ek ’n engel, ja, asof ek Christus Jesus self was.
Afrikaans 1933/1953 en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as 'n engel van God, ja, as Christus Jesus.
Afrikaans 1983 En al was my toestand vir julle 'n versoeking om my te verag of selfs te verfoei, het julle dit nie gedoen nie. Inteendeel, julle het my ontvang asof ek 'n engel van God was, ja, asof ek Christus Jesus self was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en alhoewel my siek liggaam vir julle 'n beproewing was, het julle my nie verag of verfoei nie. Inteendeel, julle het my soos 'n engel van God ontvang, soos •Christus Jesus!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het baie swaar gekry omdat ek siek was, maar julle het my nie daaroor gehaat nie en julle was nie skaam oor my nie. Julle het my gehelp en ek was welkom by julle soos 'n engel van God, ja, soos Christus Jesus self.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nie een van julle het ’n skewe woord vir my gesê of my sleg behandel nie.