Galatians 3:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle is almal God se kinders deurdat julle in Christus Jesus glo. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; |
| Afrikaans 1983 | Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want deur die geloof is julle almal kinders van God in •Christus Jesus, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle almal is kinders van God, want julle glo in Christus Jesus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [26-27] Ja, soos ’n kwaai oppasser het die wet heeltyd oor ons baasgespeel totdat Christus uiteindelik gekom het. Maar nou het ons geloof ons in die regte verhouding met God gebring. Daarom staan ons nie meer onder die baasskap van die wet nie. Nee, nou is julle almal God se kinders omdat julle in Christus Jesus glo. Weet julle, toe julle gedoop is, het julle deel gekry aan Christus se redding. Julle doop was soos ’n stel splinternuwe klere. By julle doop het julle Christus aangetrek soos ’n mens ’n stel nuwe klere aantrek. Nou behoort julle heeltemal aan Hom. |