Galatians 3:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet bewaar, opgesluit vir die geloof wat daarna geopenbaar sou word.
Afrikaans (NLV) 2011 Voordat die geloof gekom het, is ons deur die wet bewaak. Ons was gevange gehou totdat God se plan van geloof geopenbaar sou word.
Afrikaans 1933/1953 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.
Afrikaans 1983 Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Voordat hierdie geloof gekom het, was ons onder die toesig van die wet, ingesluit met die oog op die geloof wat in die toekoms geopenbaar sou word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die wette was vir ons soos 'n wag. Dit het ons toegesluit en opgepas totdat God gesê het dit is nou die regte tyd vir mense om in Christus te glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Voordat hierdie nuwe tydvak van geloof aangebreek het, was ons almal in ’n yslike groot tronk opgesluit.