Galatians 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar dat niemand deur die wet voor God geregverdig word nie, dit is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is dus duidelik dat niemand deur God vrygespreek word op grond van wetsonderhouding nie. Daar staan geskryf: “Wie deur gelóóf vrygespreek word, sal lewe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe. |
| Afrikaans 1983 | En dat niemand op grond van die wet deur God vrygespreek word nie, is duidelik, want “hy wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En dat niemand op grond van die wet voor God geregverdig word nie, is duidelik, want: “Die regverdige op grond van geloof sal leef.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, dit is waar. God spreek nie mense vry omdat hulle doen wat die wette sê nie. As mense doen wat die wette sê, dan spreek God hulle nie vry nie. Want in die Ou Testament is geskryf: Wanneer God mense vryspreek omdat hulle glo, dan sal hulle lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie uitspraak wys vir ons dat niemand hulle saak met God self kan regmaak deur bloot net te doen wat die wet sê nie. Die Bybel sê immers: “Elkeen wie se verhouding met God reg is omdat hulle in Hom glo, sal lewe!” |