Galatians 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) (Want Hy wat in Petrus kragtig gewerk het tot die apostelskap van die besnydenis, hy was kragtig in my teenoor die heidene.)
Afrikaans (NLV) 2011 Want, soos God vir Petrus toegerus het om ’n apostel vir die Jode te wees, het Hy my toegerus om ’n apostel vir die nie-Jode te wees.
Afrikaans 1933/1953 want Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes, het my ook bekragtig met die oog op die heidene --
Afrikaans 1983 Dieselfde God wat van Petrus 'n apostel vir die Jode gemaak het, het van my 'n apostel vir die nie-Jode gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) – want Hy wat kragtig in Petrus gewerk het, met die oog op sy diens as •apostel aan die besnedenes, het ook kragtig in my gewerk, met die oog op die heidene –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, God het vir Petrus krag gegee om 'n apostel vir die Jode te wees en dieselfde God het vir my ook krag gegee om 'n apostel vir die heidene te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het besef dat God presies dieselfde boodskap aan my gegee het om aan mense buite Israel bekend te maak as wat Petrus onder die Jode verkondig. Natuurlik was dit nie vir my ’n verrassing nie. Dieselfde God wat Petrus as sy apostel aangestel het om onder mense te werk wat besny is, het my ook aangestel as sy apostel om onder mense te werk wat nie die teken van die besnydenis aan hulle liggame het nie.