Galatians 2:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek verbreek die genade van God nie, want as geregtigheid deur die wet kom, dan is Christus tevergeefs dood.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek verwerp nie dié genade van God nie. As dit moontlik was om deur God vrygespreek te word deur die wet te onderhou, het Christus mos verniet gesterf!
Afrikaans 1933/1953 Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
Afrikaans 1983 Ek verwerp nie die genade van God nie. As 'n mens vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou, sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek verwerp nie die genade van God nie; want as •vryspraak deur die wet kom, dan het Christus tevergeefs gesterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party mense sê God spreek mense vry omdat hulle doen wat die wette sê. Dit is nie waar nie. As dit waar is, dan help dit niks dat Christus gesterf het nie. Nee, ek kan nie die genade van God weggooi nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek kan nooit God se goedheid deur my vingers laat glip nie. As ek nou, na alles wat God vir my gedoen het, steeds probeer om self ’n plek in die hemel te verdien deur te doen wat die wet sê, is Christus verniet aan die kruis dood.