Galatians 2:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom tot in die aangesig teëgestaan, want hy moes die skuld kry. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Petrus egter na Antiogië gekom het, het ek hom openlik teengestaan omdat hy verkeerd was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe Petrus in Antioch¡ë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het. |
| Afrikaans 1983 | Toe Sefas egter later na Antiogië toe gekom het, het ek my openlik teen hom verset omdat sy optrede duidelik verkeerd was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Sefas in Antiogië aangekom het, het ek hom egter openlik teengegaan, omdat hy veroordeeld gestaan het; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sefas het na die stad Antiogië gekom. Hy het daar iets gedoen waarvan God nie hou nie en ek het toe reguit vir hom gesê dat hy verkeerd doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Ruk later, toe ek saam met Barnabas-hulle in die stad Antiogië gewerk het, het Petrus ook soontoe gekom. Daar moes ek hom voor almal aanspreek omdat hy verkeerd opgetree het. Kom ek vertel julle gou wat gebeur het. |