Galatians 1:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek verwonder my dat julle so gou verwyderd is van Hom wat julle in die genade van Christus geroep het na 'n ander evangelie toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek is verstom oor wat julle gedoen het. Hoe kon julle so gou julle rug op God draai? Op Hóm wat julle deur Christus se genade na Hom toe geroep het! Julle het julle ore uitgeleen vir ’n ander “Goeie Nuus”.
Afrikaans 1933/1953 Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na 'n ander evangelie toe,
Afrikaans 1983 Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en 'n ander evangelie aanneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek is verbaas dat julle so gou van Hom wat julle deur die genade van •Christus geroep het, wegdraai na 'n ander evangelie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is verbaas dat julle in Galasië so gou die genade van God vergeet het. Hy was baie goed vir julle, Hy het vir Christus gestuur. God het gesê julle behoort aan Hom. Maar nou glo julle 'n ander boodskap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat is dit deesdae met julle? Ek kan nie glo dat julle so gou van God af weggedraai het nie. Het julle vergeet dat Hy julle sy kinders gemaak het omdat Christus so ongelooflik goed vir julle was? En wat doen julle toe om vir Hom daarvoor dankie te sê? Julle gaan staan en aanvaar ’n heeltemal ander evangelie. Begryp julle dit nou nog nie? Daar is nie ’n ander evangelie nie!