Galatians 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat Homself vir ons sondes gegee het, om ons te verlos van hierdie teenswoordige bose wêreld, volgens die wil van God en ons Vader.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus Christus het volgens God ons Vader se wil vir ons sondes gesterf om ons te bevry van die bose tyd waarin ons nou lewe.
Afrikaans 1933/1953 wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,
Afrikaans 1983 wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat Homself gegee het vir ons sondes, om ons te red uit die huidige bose bedeling, volgens die wil van ons God en Vader,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Christus het gedoen wat God ons Vader wou hê, Hy het gesterf om ons sondes weg te neem. So het Hy ons gered van hierdie slegte wêreld waarin ons lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus Christus het sy lewe vir ons opgeoffer sodat ons sondes nie meer soos ’n muur tussen God en ons staan nie. Hy het dit vir ons gedoen om ons uit die kloue van hierdie sondige wêreld te bevry. Op hierdie manier het Jesus ons God en hemelse Vader se raadsplan tot uitvoer gebring.