Galatians 1:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het net gehoor dat Hy wat ons vroeër vervolg het, nou die geloof verkondig wat Hy vroeër vernietig het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het net gehoor: “Die persoon wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy wou uitroei!”
Afrikaans 1933/1953 hulle het net gehoor: hy wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër besig was om uit te roei.
Afrikaans 1983 hulle het net gehoor: “Die man deur wie ons vroeër vervolg is, verkondig nou die geloof wat hy destyds probeer uitroei het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al wat hulle steeds bly hoor het, was: “Hy wat ons voorheen vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër probeer vernietig het!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het net gehoor die mense sê: “Paulus het verander, hy het voorheen baie slegte dinge aan ons gedoen en hy het probeer om ons geloof te breek, maar nou vertel hy vir almal dat hulle in Christus moet glo.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al wat hulle van my geweet het, was die volgende brokkie nuus: “Daardie man wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die evangelie. Hy praat nou met ander mense oor die geloof wat hy vroeër probeer uitroei het.” Natuurlik was hulle baie bly daaroor.