Ezra 9:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou is daar vir 'n kort tydjie genade betoon van die HERE onse God, om vir ons 'n oorblyfsel te laat om te ontvlug, en om ons 'n spyker in sy heiligdom te gee, sodat onse God ons oë kan verlig en ons 'n bietjie herlewing kan gee in ons slawerny.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here ons God het nou vir ’n klein rukkie genade aan ons bewys deur toe te laat dat sommige van ons as ’n oorblyfsel oorleef het. Hy het in sy heilige plek vir ons ’n vaste plek gegee. So het God ons moed laat skep en ons vir ’n rukkie losgemaak van ons slawerny.
Afrikaans 1933/1953 En nou was daar vir 'n klein oomblik genade van die kant van die HERE onse God, om vrygeraaktes vir ons te laat oorbly en ons 'n pen te gee in sy heilige plek, sodat onse God ons oë verhelder het en ons 'n bietjie verademing geskenk het in ons diensbaarheid.
Afrikaans 1983 “Nou, 'n kort oomblikkie, het daar vir ons genade gekom van die Here ons God. Hy het die klompie van ons laat vrykom en ons hier in sy heilige plek vastigheid gegee. Ons God het ons weer laat lewe, ons 'n oomblik laat asem skep na ons slawerny.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En nou, vir 'n kort oomblik, was daar genade van die Here ons God om vir ons vrygeraaktes te laat oorbly, en vir ons vastigheid in sy heilige gebied te gee, om ons oë te verhelder en ons 'n bietjie nuwe lewe in ons slawerny te gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe was ons God die Here 'n kort tydjie jammer vir ons. Hy het party van ons vry laat wegkom en Hy het vir ons 'n vaste woonplek gegee in sy gewyde plek. Ons God het ons oë weer laat blink, want ons was bly. Ons was slawe, maar U het ons weer laat hoop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Vir ’n kort tydjie was die Here ons God goed vir ons. Hy het vir ’n klompie van ons wat oorgebly het, hier by sy tempel weer moed laat skep. Ons God het ons weer hoop laat kry en laat asemskep na ons swaarkry.