Ezra 9:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van die dae van ons vaders af is ons in 'n groot oortreding tot vandag toe; en ter wille van ons ongeregtighede is ons, ons konings en ons priesters, oorgegee in die hand van die konings van die lande, aan die swaard, in ballingskap en aan die buit en in verwarring van aangesig, soos dit vandag is.
Afrikaans (NLV) 2011 Van ons voorgeslagte af tot nou toe het ons ons al aan verskriklike oortredings skuldig gemaak. Dit is hoekom U ons, ons konings en ons priesters uitgelewer het aan die mag van die heidense konings van die land. Net soos dit nou die geval is, het hulle ons doodgemaak, gevange geneem, beroof en verneder.
Afrikaans 1933/1953 Van die dae van ons vaders af tot vandag toe is ons in 'n groot skuld, en oor ons ongeregtighede is ons self, ons konings, ons priesters oorgegee in die hand van die konings van die lande, aan die swaard, aan gevangenskap en aan plundering en beskaming van die aangesig soos dit vandag is.
Afrikaans 1983 Van die tyd van ons voorvaders af tot vandag toe is ons bestaan vol oortredings teen U. Dit was deur ons sondes dat ons, ons konings en ons priesters in die mag van heidenkonings oorgegee is. Ons is doodgemaak, gevange geneem, geplunder; smaad het oor ons gekom en dit is nou nog daar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van die tyd van ons voorvaders tot op hierdie dag is ons skuld groot. As gevolg van ons sondes is ons, ons konings en ons priesters uitgelewer aan die mag van die konings van ander lande, aan die swaard, gevangenskap, plundering en beskaming, soos dit vandag nog is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons is skuldig, van die tyd van ons voorvaders tot vandag toe, daarom het U ons en ons konings en ons priesters gegee vir konings van ander lande. Hulle het ons mense doodgemaak, hulle het ons gevang en weggevat, hulle het ons goed gevat en hulle het ons verneder. Dit is nou nog so.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van die tyd van ons voorouers af tot vandag toe het ons aangehou om teen U te oortree. Oor ons sonde het ons en ons konings en priesters in die hande van die konings van die wêreld beland. Hulle het ons met oorlog afgemaai, ons gevang en ons weggevoer nadat hulle ons land geplunder het. Ons het in hierdie skande beland waarin ons vandag nog is.