Ezra 9:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en gesê: O my God, ek is beskaamd en bloos om my aangesig tot U op te hef, my God, want ons ongeregtighede het vermeerder oor ons hoof, en ons oortreding het opgegroei tot in die hemel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gebid: “My God, ek is so skaam en verneder, ek kan nie na U kyk nie. Ons sondes is hoër as ons koppe en ons skuld reik tot aan die hemel. |
| Afrikaans 1933/1953 | en gesê: My God, ek voel te beskaamd en verleë om my aangesig tot U, my God, op te hef, want ons ongeregtighede het oor ons hoof gegroei, en ons skuld is hemelhoog. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gebid: “My God, ek is te skaam, ek het nie die vrymoedigheid om my kop voor U op te tel nie. Ons sonde is hoog opgestapel, ons misdade staan hemelhoog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het gesê: “My God, ek is te skaam en verleë om my gesig na U, my God, op te lig, want ons sonde het hoër as ons koppe opgestapel en ons skuld strek tot aan die hemel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en ek het gesê: “My God, ek is baie skaam, ek voel baie sleg, ek kan nie opkyk na U toe nie, want ons sondes het baie geword, dit is so hoog soos die hemel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het gebid: “My God, ek is te oorbluf en te skaam om U in die oë te kyk. Ons oortreding is so groot dat dit oor ons almal se kop gaan. Ons skuld is hemelhoog. |