Ezra 9:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En teen die aandoffer het ek opgestaan uit my beswaardheid; en nadat ek my kleed en my mantel geskeur het, het ek op my knieë geval en my hande uitgebrei na die HERE my God, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die tyd vir die aandoffer aangebreek het, het ek met geskeurde klere opgestaan en my verootmoedig daar waar ek gesit het. Ek het op my knieë geval en my hande na die Here my God opgesteek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar op die tyd van die aandoffer het ek opgestaan uit my verootmoediging; en terwyl ek my kleed en my mantel skeur, het ek op my knieë my gebuig en my hande uitgebrei na die HERE my God |
| Afrikaans 1983 | Maar teen die tyd van die aandoffer het ek daar opgestaan waar ek my met my geskeurde klere verootmoedig het, op my knieë geval en my hande in gebed uitgestrek na die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met die aandoffer het ek opgestaan van waar ek in ootmoed geboë was, en met geskeurde klere en mantel op my knieë gaan staan en my handpalms na die Here my God uitgesteek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe dit tyd was vir die aand-offer, het ek opgestaan. Ek was hartseer en ontsteld en my klere was geskeur, my bo-kleed ook. Ek het op my knieë gaan staan en ek het my hande uitgesteek na my God die Here toe |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe dit tyd was vir die offer wat aan die einde van die dag gebring word, het ek opgestaan van waar ek gesit en treur het. Ek het op my knieë neergesak en my hande na die Here my God uitgesteek. |