Ezra 9:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het almal by my vergader wat gebewe het vir die woorde van die God van Israel vanweë die oortreding van die weggevoer; en ek het verbaas gesit tot die aandoffer.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal wat bang was vir die woorde van die God van Israel, het oor die ontrouheid van die ballinge by my bymekaargekom. Ek het geskok daar bly sit tot die tyd van die aandoffer.
Afrikaans 1933/1953 En by my het byeengekom almal wat gebeef het vir die woorde van die God van Israel, oor die ontrou van die ballinge; maar ek het verslae bly sit tot die aandoffer toe.
Afrikaans 1983 Almal wat by die gedagte aan die opdragte van die God van Israel vreesbevange was oor dié troueloosheid van die mense uit die ballingskap, het by my kom staan. Ek het maar net verslae daar gesit, tot die tyd van die aandoffer toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Almal wat ontsag het vir die woorde van die God van Israel, het by my saamgekom oor die ontrouheid van die ballinge, en ek het tot met die aandoffer verslae gesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ander mense het by my kom staan. Hulle was die mense wat bang geword het toe hulle dink aan wat die God van Israel sou sê omdat die mense baie ontrou was, die mense wat gevangenes in Babel was en wat teruggekom het. Ek was ontsteld en ek het daar gesit totdat dit tyd was vir die aand-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal vir wie die Here se wet belangrik was, het oorbluf rondom my kom staan. Hulle was ook geskok dat die mense wat al vroeër teruggekom het, nie aan die Here getrou was nie. Ek was egter te stomgeslaan om nog iets te sê. Ek het maar net so bly sit tot dit tyd geword het vir die aandoffer.