Ezra 9:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle het van hulle dogters vir hulleself en vir hulle seuns geneem, sodat die heilige nageslag hulle vermeng het met die mense van daardie lande; ja, die hand van die vorste en owerstes was die belangrikste in hierdie oortreding. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van die mans en hulle seuns het met van die vroue van die land getrou. Deur dit te doen, het hulle die heilige volk van God met die bevolking van die land vermeng. Om die kroon te span, was die amptenare en die leiers die eerstes om dit te doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hulle het van hulle dogters vir hulleself en vir hul seuns geneem, sodat die heilige geslag hom met die volke van die lande vermeng het; en die owerstes en die leiers het in hierdie ontrou eerste die hand gehad. |
| Afrikaans 1983 | Ons mense en hulle seuns het getrou met nie-Joodse vrouens; hulle het hierdie volk hom laat vermeng met heidene. Leiers en ampsdraers het die voortou geneem in dié trouelose optrede.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar van die dogters uit dié nasies vir hulle en vir hulle seuns as vroue geneem. So het die heilige saad vermeng geraak met die naburige volke. Die leiers en gesagsdraers het die voortou geneem met hierdie ontrouheid.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nee, party Israeliete en hulle seuns het getrou met dogters van daardie mense. Die gewyde volk het gemeng met die ander mense in die land, en die leiers en hoofde het dit eerste gedoen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van daardie volke het weer met Israeliete getrou. God se volk het deurmekaargeraak met die heidense volke wat saam met hulle in die land bly. Veral die leiers en die priesters het hulle hieraan skuldig gemaak. |